Pimville se punks gooi DJ’s ’n vinger
’n Township in Suid-Afrika is nie die eerste plek waar mens sou verwag om rock ‘n roll te hoor weergalm nie. Maar daai ding kan tjop-tjop verander.
Tiener vas na bevrugting van 10 vroue
‘n Nigeriese tiener word deur polisie aangehou omdat hy 10 vroue bevrug het as deel van ‘n komplot om geld te maak deur kinders te verkwansel.
Klipspel uit die oertyd
Hoe lank speel kinders al die speletjies diketo en moruba? Thabiso Sekhula maak ’n wonderlike ontdekking.
Gerrie se laaste uitklophou
Gerrie Coetzee, wat Donderdagaand in sy huis in die Weskaap dood is ná ’n kort kankerstryd, se naam is opgeteken as die eerste Suid-Afrikaanse bokser wat ’n wêreld-swaargewigtitel kon wen.
Daar’s ‘n slang in my sop!
Verskeie kinders is in die hospitaal opgeneem nadat hulle Maandag tydens middagete by Laerskool Mandalpur in Indië lensies geëet het uit 'n pot wat slang as verrassingsbestanddeel bevat het.
Boris se paartie was toe ’n groepswoeps
Sommige van die voormalige Britse Premier Boris Johnson se assistente het mekaar glo uiters intiem leer ken by ’n partytjie wat hy die aand voor Prins Philip se begrafnis by sy ampswoning, 10 Downingstraat, gehou het – te midde van streng Covid-inperkings.
Kuns red Mncedisi uit dwelmhel
Die Oosrandse kunstenaar Mncedisi “King” Nkosi het die kettings van dwelmmisbruik en depressie afgeskud en ’n gewilde visuele kunstenaar geword.
Naomi se pienkvoet klop tennis 6-0
Naomi Osaka se geheim is uit! Sy gaan mamma word, dis hoekom sy nie vanjaar aan die Australiese Tennis-Ope gaan deelneem nie. Sy het dié titel al twee keer gewen.
Blitskonstabel Omanyala laat boewe sidder
Booswigte in Kenia kan in die toekoms daarvan vergeet om te voet op die vlug te slaan. Ferdinand Omanyala, die vinnigste man in Afrika, het hom as polisiekonstabel bekwaam.
Doodkiste raak drupsgewys tjokkeblok
Die polisie in Malawi het 'n doodskisverkoper gearresteer wat besig was om die binneaarse drupsakke te ontkoppel van cholerapasiënte in Limbe – ‘n klein nederstetting in Blantyre, die land se kommersiële kern.












