Walter sluit by Proteas aan vir reeks teen Engeland
Rob Walter kry in Januarie teen Engeland ’n voorsmaak van die Proteas-afrigterspos wat hy in Februarie voltyds oorneem. Hy help besluit wie die span gaan haal en wie nie.
Verlammende ongeluk keer karwag nie om lewe by horings te pak nie
“Hou op om jouself jammer te kry!”
Gemeenskap staan bankvas agter moordbeskuldigde patrolleerders
Langa-gemeenskapslede wil hê hul nuwe stasiebevelvoerder moet op sy “nuttelose” polisiebeamptes fokus en patrollielede met rus laat.
“Ndavi het die hele Afrika gedra – dít is ‘n oorwinning”
Toe die VSA se R’Bonney Gabriel Sondag in die vroeë as Mej Heelal 2022 gekroon is, het miljoene Afrikane se harte gebreek vir Mej Suid-Afrika, Ndavi Nokeri.
Toeriste is gek na Khoisan-aktiviste
Die Koisan-aktiviste voor die Uniegebou het dalk nog nie die regering se aandag getrek nie, maar hulle is 'n onverwagse aanloklikheid vir toeriste.
Vier mans vasgetrek ná verkragting op geestesgestremde
’n Twee-en-twintigjarige vrou Duduza, Ekurhuleni, wat aan’n geestesgestremdheid ly, is laas Donderdag deur vier mans ontvoer en verkrag.
Gugulethu deurpad nou ontslae van rondloper rotte en dierkarkaste
Hope vullis het eens op ‘n tyd soveel plek van die deurpad ingeneem dat kinders op pad skool toe moes toustaan voordat hulle daarlangs kon hardloop.
Tweede asem: Marathon-veteraan kry geldkontrak op 47
Ultramarathon-veteraan Solicitor Manduwa het die eerste professionele kontrak van sy loopbaan geteken – op die gevorderde ouderdom van 47.
Mampintsha sterf voor hy bruilofskansel kon trotseer
Mampintsha is dood voordat hy sy plan vir 'n formele bruilof met Babes Wodumo kon eerbiedig en die verhouding met sy familie kon regstel, volgens sy suster Pinkie Gumede.
Herman Mashaba gaan oor tot aksie
Herman Mashaba maak gereed om sy party, ActionSA, as beduidende speler in die Suid-Afrikaanse politiek te omskep om voordeel te trek uit die ANC se kwynende welvaart.




