Walter sluit by Proteas aan vir reeks teen Engeland

Deur Razeen Gutta

Rob Walter kry in Januarie  teen Engeland ’n voorsmaak van die Proteas-afrigterspos wat hy in Februarie voltyds oorneem. Hy help besluit wie die span gaan haal en wie nie.

England pak Suid-Afrika in drie eendagwedstryde; twee in Bloemfontein (27 en 29 Januarie) en een in Kimberley (1 Februarie).

Walter, was as witbal-afrigter aangestel is, sal help met spankeuses vir die eerste twee, voordat in oorneem vir die laaste een, het Enoch Nokwe, Direkteur van Krieket Suid-Afrika, gesê.

“Ons tref spesiale reëlings vir die reeks teen Engeland, wat later dié week bekendgemaak sal word, saam met die spangroep,” het Nkwe aan News24 laat blyk.

“Ons sal alles hierdie week bevestig, en Rob sal by wees om klarigheig oor die stand van sake te gee. Hy kry volgende week kans om die span te ontmoet, en fynere puntjies uit te stryk.”

Walter was vroeër die Proteas se krag- en fiksheidafrigter voordat hy naam gemaak het as die Titans se hoofafrigter. Daarna het hy die Sentrale Distriktespan in Nieu-Seeland afgerig, vanwaar hy terugkeer om as die Proteas se leidsman oor te neem.

Dit sal die eerste keer wees dat die Proteas verskillende afrigters vir toetse en witbalkrieket sal hê. Krieket SA het verlede week aangekondig dat Shukri Conrad die toetsspan sal afrig.

Foto bo: Rob Walter

Fotobron: @ProteasMenCSA