Deur Razeen Gutta
Naomi Osaka se geheim is uit! Sy gaan mamma word, dis hoekom sy nie vanjaar aan die Australiese Tennis-Ope gaan deelneem nie. Sy het dié titel al twee keer gewen.
Die 25-jarige superstar het die goeie nuus op Twitter met haar ondersteuners gedeel. “Kan nie wag om weer op die baan te kom nie, maar hier is ’n klein nuusbrokkie oor my lewe vir 2023,” het sy in die onderskrif by ’n sonogram-beeld geskryf wat op 12 Desember 2022 vasgelê is.
“Hierdie paar maande weg van die sport waaraan ek my lewe wy, het werklik my liefde en waardering daarvoor verdiep. Ek weet daar is so baie waarna ek kan uitsien; een daarvan is dat my kind my wedstryde bywoon en vir iemand sê, ‘Dis my ma,’ het sy in ’n aangehegte verklaring geskryf.
“Ek dink nie daar is ’n volmaakte lewenspad nie, maar ek voel nog altyd as mens vorentoe beweeg met goeie bedoelinge sal jy jou pad vind.”
Osaka het die Australiese Ope in 2019 en 2021 gewen. Sy volg in die voetspore van spelers soos Ashleigh Barty en Caroline Wozniacki wat voorlopig ’m raket vir ’n fopspeen verruil.
Foto hierbo: Naomi Osaka
Fotobron: @naomiosaka