Everson Luhanga
‘n Nigeriese tiener word deur polisie aangehou omdat hy 10 vroue bevrug het as deel van ‘n komplot om geld te maak deur kinders te verkwansel.
Die 17-jarige seun is saam met sy medepligtige – Chigozie Ogbonna, ‘n 29-jarige man – deur die polisie in Rivers-staat in hegtenis geneem.
Die twee mans het glo ‘n babafabriek bedryf saam met twee vroue wat geïdentifiseer is as Favor Bright, 30; en Peace Alikoi, 40.
Rivers Polisie se openbare betrekkingsbeampte, Grace Iringe-Koko, het die voorval bevestig en in ‘n verklaring gesê die polisie het op Saterdag 7 Januarie toegeslaan op die babafabriek nadat hulle geloofwaardige inligting ontvang het.
By die twee huise het die polisie afgekom op die swanger vroue, wat beskryf is as slagoffers van kinderhandel.
Polisie-ondersoeke het bevind dat, toe ‘n slagoffer haar baba in die wêreld gebring het, die sindikaatleier die kind gehou het en ‘n bedrag van N500 000 (sowat R20) aan die ma betaal het. Van die babas wat in die huise gebore is, is verkoop.
“Al die slagoffers het erken dat hulle ingetrek is by die onwettige verkope van kinders weens die behoefte om finansiële uitdagings die hoof te bied.
“Daar is beslag gelê op die sindikaatleier se wit Honda Pilot Jeep.”
Op die foto hierbo: Die toneel van die arrestasie
Fotobron: Puls.ng