Black Motion tref ‘n slaggat
Die wêreldberoemde Afro house band Black Motion se dae saam lyk getel.
Langa se mense skaar hulle by moordverdagtes
Mense in Langa staan bankvas agter die twee lede van die Langa Safety Patrol (LSP) wat in hegtenis geneem is op aanklag van moord.
“Swart solo-kanovaarder gaan nog eendag wen”
Khumbulani Nzimande, voormalige wenner van die K2-afdeling van die Dusi Kanomarathon, meen ’n swart kanovaarder kan eendag die solo-afdeling wen, maar nie sonder ’n enorme geldelike hupstoot nie.
Skool vir spesiale kinders geplunder deur ‘meedoënlose’ misdadigers
Terwyl die land se leerders Woensdag terugkeer skoolbanke toe, mag die hekke van Matshidiso Spesiale Skool moontlik gesluit bly nadat misdadigers toegeslaan het op noodsaaklike mediese toerusting.
Hy’s sonder toestemming berg toe, nou mag hy in bos moet agterbly
Met die swaard van afknouery oor sy kop het 'n 20-jarige man na die inisiasieskool toe weggesluip sonder ‘n woord daarvan aan die stamoudstes. Nou loop hy die risiko om in die bos agtergelaat word, omdat sy gesin nie geld het om vir sy tuiskoms te betaal nie.
Die sokkerprins van Wallis groet
Gareth Bale se uittrede uit sokker sluit ’n roemryke loopbaan af, waarin hy male sonder tal op die grootste verhoë uitgeblink het.
Malawi sluit skole terwyl cholera soos veldbrand versprei
Die owerhede in Malawi het laerskole en hoërskole in twee groot stede tydelik toegemaak ná ‘n cholera-uitbreking wat reeds honderde lewens geëis het.
Samke: sekswerk werk nie meer vir my nie
Roemskepper, sekswerker en bekende TV-persoonlikheid van This Body Works For Me Nomagugu Samke, 26, het in die openbaar verklaar dat sy nie meer 'n sekswerker wil wees nie.
Matrieks se toekoms in weegskaal oor eindelose wag vir uitslae
Matriekuitslae word later as gewoonlik, op 19 Januarie eers, bekendgemaak – kommerwekkend vir leerders wat aansoek doen vir tersiêre onderwys, of wil probeer om hul punte te verbeter.
Taxibestuurders neem reg in eie hande, motoriste ry aan pen
Oos-Kaapse taxi-operateurs bedryf onwettige padblokkades waar hulle motoriste aan afpersing onderwerp, volgens Vervoer LUR Xolile Nqatha.








