Deur Khaya Ndaba
Die wêreldberoemde Afro house band Black Motion se dae saam lyk getel.
Die band, met treffers soos “Ngoma”, “The Journey” en “Mtshongo”, het moontlik breekpunt bereik.
Thabo Mobogwane, die een helfte van Black Motion, het foto’s vrygestel van hulle beskadigde ateljees (en hoofkwartier), waaruit toerusting verdwyn het.
Hy het later skermkiekies op hulle amptelike sosiale media-blaaie gelaai van ‘n hofbevel teen Bongani Mohosana, sy mede-lid.
Mobogwane beweer Mohosana is weg met die toerusting nadat hulle paadjies geskei het. Die hofbevel eis dat hy Mohosana dit teen 13 Januarie terugbring.
Nie een van die twee betrokke partye of hulle regsverteenwoordigers wou kommentaar lewer nie, aangesien die saak nog hangende is.
Fans en mede-musiekante van oral in die land, soos DJ Sbu en Goodluck, het boodskappe van aanmoediging gestuur. Hulle hoop die twee kan die vetes laat staan en aanbeweeg.
Foto hierbo: Black Motion
Foto: Drum