‘Druip nie die einde van die wêreld nie’
Dr Sanele Gamede is op ’n sending om die lewens van matriekulante te red wat selfmoord oorweeg nadat hulle gedruip het, deur sy beweging #MatricUngazibulali (Matrieks, moenie selfmoord pleeg nie).
Ontvoersindikaat vasgetrek, maar nog werk wag
Ses lede van ’n vermeende ontvoersindikaat is Donderdag in hegtenis geneem, en ’n Ethiopiese sakeman is gered tydens ’n polisieoptrede in verskeie Johannesburgse voorstede.
Mahotella Queens se jongste mik na solo-glorie
die legendariese Mahotella Queens om ’n solo-loopbaan na te jaag, maar sê sy is steeds ’n lid van die groep, wat sedert 1964 bestaan. Hilda Tloubatla, een van die stigterslede, is ná 59 steeds aktief in die groep!
Dis krisistyd, waarsku Nelson Mandelabaai se burgemeester
Die munisipaliteit van die droogte-geteisterde Nelson Mandelabaai het bevestig dat nege nuwe projekte om die waterskaarste teen te werk teen einde Maart vanjaar voltooi sal word.
Eendsoldate hou wag oor wingerde
Die wynlandgoed Vergenoegd Löw, aan die voet van die Helderberg-reeks op die Stellenbosse wynroete, het eende as soldate opgeroep om die wingerde daar op te pas.
Nog lyke duik op by Tembisa Plaza
Gesinne van plunderaars, wat al 'n jaar en 'n half vermis word sedert 'n gasontploffing in die Tembisa Plaza, wag angstig op nuus nadat owerhede Woensdag nog lyke ontdek het.
Vier sterf in polisiespervuur
Geweervuur is gewissel tussen die polisie en ses verdagtes wat Woensdagoggend probeer het om 'n vragmotor te kaap wat elektroniese toestelle vervoer het in Midrand.
Eksvrou wil vuurmaak onder Black Coffee… op CNN
Enhle Mbali Mlotshwa, Black Coffee se eksvrou, het CNN genader om ’n onderhoud met hulle albei te voer, waartydens hulle al hulle vuil wasgoed voor ’n wêreldgehoor kan was.
Die tuindwergie kan ’n troefkaart speel
Die 2023 Rugby-Wêreldbeker het al hoe meer na ’n realiteitsprogram vir TV begin lyk, met die teks vooraf geskryf, maar een karakter het ontbreek: ’n joker in die kaartepak.
Nuuskierige apies aan raakskerm vasgenael
‘n Groep vervet-ape in KwaZulu-Natal het die eerste primate in die wêreld geword wat leer hoe om ‘n raakskerm te gebruik.



