Judith Sephuma maak gereed vir skitter saam met Hans Zimmer in Dubai
Koningin van Afro-jazz Judith Sephuma is gekies om op Vrydag 27 Januarie by die Hans Zimmer Live – ‘n spesiale konsert in Dubai – op te tree.
‘Swanger’ babadief nog op vrye voet
’n Booswig wat haar as swanger voorgedoen het, het ’n 26-jarige vrou, Nomsa Khoza, om die bos gelei en haar baba ontvoer. Die baba, Milton, was drie dae oud.
Weldoener se groot geheim op begrafnis uit
’n Plaasboer in ’n klein Amerikaanse dorpie het in die geheim lede van sy gemeenskap wat swaarkry se apteekrekeninge jare lank betaal. Die man, Hody Childress van Geraldine, Alabama, se weldaad het eers op sy begrafnis aan die lig gekom.
Plumtree slimkop, 20, ontwikkel KI-kierie vir blindes se gebruik
Tydens haar kinderjare het Blessings Ncube, van Plumtree in Matabeleland-Suid, die struwelinge beleef van haar blinde ouma wat gereeld deur mense besteel is.
Junior Khanye se sokkerflaters lei tot amapiano song
Terwyl hy op sy stukke was op die sokkerveld, was Junior Khanye die liefling van Kaizer Chiefs se juigkommando. Sy verbluffende vaardighede en charisma het selfs sy teenstanders betower.
Die duiwel se eie TV-kanaal
Kwaai pastoor sê sepie oor heksery bewys DStv is duiwelswerk, skryf Sousa Jamba.
Cape Times-fotograaf op eie bodem beroof
‘n Fotograaf van die Cape Times is van sy kamera beroof nadat hy Woensdag foto's geneem het van kinders wat teruggaan skool toe in Khayelitsha – een van die gevaarliker Kaapse buurte.
Boris die nar kap na Vlad die waansinnige
Boris Johnson vergelyk die Russiese President, Vladimir Putin, met “’n vet seuntjie in Dickens” wat leë dreigemente maak oor die gebruik van kernwapens.
Hoe gemaak met Mnr Mashatile?
President Cyril Ramaphosa het 'n nuwe kopseer: waar posisioneer mens vir Paul Mashatile, wat verlede maand tot ANC-adjunkpresident verkies is?
Ouers moet opdok om kinders op skool te kry
Ouers beskuldig Laerskool Inkanini in Khayelitsha daarvan dat hulle op R100 omkoopgeld aandring om ’n plek vir hulle kinders in die skool te verseker.










