Mahotella Queens se jongste mik na solo-glorie

Deur Doreen Mokgolo

Ayanda “Ntunja” Nkosi neem ’n blaaskans as lid van die legendariese Mahotella Queens om ’n solo-loopbaan na te jaag, maar sê sy is steeds ’n lid van die groep, wat sedert 1964 bestaan. Hilda Tloubatla, een van die stigterslede, is ná 59 steeds aktief in die groep!

Nkosi, Mahotella Queens se jongste lid, het in 2013 aangesluit nadat die groep haar opgemerk het terwyl sy aan die voorprogram by een van hulle optredes deelneem.

In 2020 het sy haar eerste solonommer, “Imali”, opgeneem, terwyl sy saam met die Queen opgetree het.

Die liedjie is goed ontvang, en was ’n ruk lank bo-aan ITunes se trefferlys.

Nkosi het gesê sy het op haar eie loopbaan gefokus voordat sy by die Queens aangesluit het, maar daardie droom voorlopig opsygesit sodat sy by die legendes kon leer.

“Ek het bevoorreg gevoel toe hulle my genooi het om aan te sluit, en vertrou ek kon tot hulle nalatenskap bydra. Ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid.

“Dwarsdeur die reis wat ons die afgelope tien jaar saam onderneem het, het ek die belangrikheid van respek, nederigheid en kennis van mens se herkoms geleer.”

Sy het bygevoeg dat dit haar ook die geleentheid gebied het om te reis en meer te wete te kom van verskillende kulture en musieksoorte.

“Ek het baie as musikant gegroei, en dit is tyd dat die werêld Ntunja as ’n eie entiteit ontmoet,” het sy bygevoeg.

“Mahotella Queens sal altyd my tuiste wees, maar hierdie is my kans om die wêreld te wys wie ek buite die groep is.

“Ek is bly dat ek stadigaan my eie stempel afdruk. Terwyl ek verlede jaar in Mauritius opgetree het, is ek genooi om op die eiland Reunion en in Frankryk by die Fanm-FaularFeesop te tree,” het sy gesê.

Sy is in 2021 vir ’n die Basadi-toekenning in die kategorie vir beste tradisionele musiek benoem.

In foto hierbo: Ayanda “Ntunja” Nkosi in volle vorstelike gewaad

Fotobron: Verskaf