Dis krisistyd, waarsku Nelson Mandelabaai se burgemeester

Deur Anita Dangazele

Die munisipaliteit van die droogte-geteisterde Nelson Mandelabaai het bevestig dat nege nuwe projekte om die waterskaarste teen te werk teen einde Maart vanjaar voltooi sal word.

Nelson Mandelabaai is in die greep van die kwaaiste droogte wat nog daar opgeteken is. Die gebied was in Junie 2022 op die rand van Dag Zero.

Saam met die Departement van Water en Sanitasie het die metro R1,2 miljard belê in die bogenoemde projekte. Hulle mik daarna om die gevolge van die droogte op inwoners te versag, en die stad se ekonomie op koers te hou.

Die munisipaliteit het bekend gemaak dit hulle die infrastruktuur op groot skaal opgradeer en nege boorgate vestig om die damme, met watervlakke wat gevaarlik laag is, se toevoer aan te vul.

Volgens die uitvoerende burgemeester, Retief Odendaal, is die grootste van dié projekte die Nooitgedacht waterwerke, wat deur die Gariepdam in die Vrystaat bedien word.

“Nooitgedacht lewer 70 megaliter per dag aan die stad, en die opgradering skuif dit op na 210 megaliter,” het hy aan Scrolla.Africa gesê.

Die munisipaliteit het bevestig dat die nasionale Departement van Water en Sanitasie aan ’n langtermynoplossing vir die krisis werk.

Die metro se damvlakke trek nou by ’n kommerwekkend lae 14,34%. Impofu Dam, wat die meeste water aan die stad lewer, is op die laagste vlak nog, ’n skamele 7%, waarvan net 1% bruikbaar is.

Hoogliggende gebiede trek die swaarste, met periodieke watertoevoer.

Die stad se direkteur van energie en infrastruktuur, Joseph Tsatsire, het inwoners gewaarsku dat die tekort kan veroorsaak dat die water verkleur.

“Die water is veilig om te drink. Maar sodra die damme leeg is, kan die gehalte verswak. Ons sal inwoner in kennis stel wanneer dit gebeur,” het hy gesê.

Odendaal het gesê intussen wag die stad op verdere instruksies van die Departement van Water en Sanitasie, wat tot die instelling van verdere waterbeperkings kan lei.

“Dis krisistyd. Dit gaan nog erger word. Inwoners moet water spaarsaam gebruik,” het hy bygevoeg,

In die foto hierbo: Nelson Mandelabaai se burgemeester saam met energie- en infrastriktuur-kontrakteurs

Fotobron: Anita Dangazele