eskommando

Ouers wil dwelmklopjagte op kampus instel

0
In 'n poging om die toenemende kwessie van dwelmgebruik onder universiteitstudente aan te spreek, stel bekommerde ouers voor dat onaangekondigde klopjagte op kampusse regoor die land gedoen moet word.

Franse en Iere skielik wawyd wakker

0
Met Wêreldbekerkoors aan die oplaai, voel die amper asof rugbygeesdriftiges konsensus bereik het: vir die eerste keer gaan twee spanne uit die noordelike halfrond – Ierland en Frankryk in hierdie geval – medegunstelinge wees om rugby se grootste prys in te palm.

Nuwe Nongoma-burgemeester vier sy pos met bloulig pretrit

0
Die nuutaangestelde burgemeester van Nongoma, 300km noord van Durban, het Vrydag opskudding gemaak toe hy die hele nag saam met sy gesin in staatsvoertuie rondgejaar het, hul blou ligte aan’t flikker regoor die buurt.

Bokkies laat o-20-Wêreldbeker val

0
Suid-Afrika se onder-20 rugbyspan se verloortelling teen Ierland in die halfeindronde van die Wêreldbeker (31-12) lyk sleg genoeg, maar die verhaal wat hom op die veld afgespeel het, was heelwat erger.

Hier kom die Bokke!

0
SPORTKEUR: Genoeg gewag! Die Springbokke pak Saterdag die Wallabies op ’n tjokkeblok Loftus Versfeld in Pretoria.

Babsy Mlangeni mag oud wees maar sy klanke is nog lank nie koud nie

0
Die legendariese mbhaqanga-musikant Babsy Mlangeni glo hy het nog genoeg musiek in sy lyf om mense van alle ouderdomme te vermaak.

Root moet vir sy blapse vergoed

0
Joe Root moet Vrydag ’n superbeurt vir Engeland teen Australië op Headingly in Leeds speel, nadat hy die alsydige Aussie Mitchell Marsh ’n lewe gegun het met ’n verbroude vangkans toe hy op 12 gestaan het.

Jan Kakebeen die worsbroodjie wenner

0
Joey word nie verniet Jaws genoem nie. Joey "Jaws" Chestnut het weereens sy oorheersing in die wêreld van mededingende etery bewys.

16 Dood in gas-ontploffing – en dié getal mag styg

0
Minstens 16 liggame – onder wie vroue en drie kinders – is gevind nadat ’n gassilinder gistraand by Angelo-plakkerskamp in Boksburg in die stad Ekurhuleni ontplof het.

Só lyk Bayana se Wêredbekergroep

0
Suid-Afrika se vroue-sokkerspan sal ’n hele paar hoë hekkies moet oorsteek as hulle later vandeesmaand verby die groepfase in Fifa se Vroue-Wêredbekertoernooi in Australië en Nieu-Seeland wil vorder.
Gizzu
Menu