‘n Groenkoeldrankstort om met moord weg te kom

Mountain Dew to erase DNA evidence
CREATOR: gd-jpeg v1.0 (using IJG JPEG v80), quality = 82

‘n Moordsaak in Florida, VSA, het ‘n vreemde wending geneem toe ‘n vroulike verdagte bewyse probeer uitwis het deur Diet Mountain Dew oor haarself uit te gooi.

Nichole Maks staan ​​tereg op aanklagte van eerstegraadse moord met voorbedagte rade, gepeuter met bewyse en weerstand teen arrestasie met geweld, na die dood van haar 79-jarige kamermaat, Michael Cerasoli.

Die voorval het gebeur nadat brandbestryders op 1 Julie op ‘n brand by hul huis gereageer het.

Toe hulle die vlamme blus, het hulle die lyk van Cerasoli gevind, wat koptrauma en steekwonde opgedoen het.

Die polisie het later twee selfone naby die slagoffer se liggaam gevind. Die een het aan hom behoort en die ander, met ‘n bebloede mes bo-op, aan Maks.

Maks is kort daarna deur die polisie by ‘n restaurant opgemerk met bloed aan haar been en ‘n geskeurde hemp.

Sy het ‘n mes en ‘n hamer laat val toe die polisie haar genader het, berig New York Times.

Tydens ondervraging het sy ’n blikkie Diet Mountain Dew bestel en dit toe oor haar lyf en hare uitgegooi in ‘n poging om moontlike DNS-bewyse uit te wis.

Maks se optrede mag vreemd lyk, maar dit bly onduidelik of ‘n Diet Mountain Dew-stort werklik DNS-bewyse sal uitskakel.

Maks word tans sonder borgtog in die Volusia County-gevangenis aangehou en sal op 5 September in die hof verskyn.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Mountain Dew