Deur Buziwe Nocuze
‘n Kaapse misdadiger is dood nadat hy van ‘n voetpad op Tafelberg geval het terwyl hy hom uit die voete gemaak het met juweliersware en selfone wat hy van ‘n groep toeriste gesteel het.
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het gesê ‘n groep stappers het Sondag op die Slangolie-roete gestap toe hulle deur twee rowers gekonfronteer is.
“Die toergids het die groep verdedig deur beide aanvallers met pepersproei te spuit. Die rowers het weggehardloop asof hul lewens daarvan afhang, met die selfone wat hulle gesteel het,” het Smith gesê.
Hy het gesê die polisie het saam met lede van SANParke probeer om die selfone op te spoor, met behulp van die laaste plek vanwaar ‘n sein uitgestuur is, en ontdek dat een van die rowers na sy dood geval het.
Namhla Cana, ‘n 45-jarige inwoner was geskok om van die voorval te hoor en het gesê dat sekuriteit by alle stapgebiede in die stad opgeskerp moet word.
“Die misdadigers het besef mense gaan stap en nou beroof hulle die stappers. Totdat die sekuriteit strenger is, sal ons nooit die einde van rooftogte in stapgebiede hoor nie,” het Cana gesê.
Wes-Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant-kolonel Malcolm Pojie het gesê die Kampsbaai-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om te bepaal hoe die rower na sy dood geval het.
Op die foto hierbo: ‘n Kaapstadse rower is dood toe hy in ‘n kloof af geval het
Bron: Verskaf