Elon sê geen Tesla vir Mzansi nie

Elon Musk no Tesla for SA

Tesla, ‘n bekende elektriese motormaatskappy, verkoop nie sy motors in Suid-Afrika nie.

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, eienaar van die maatskappy, het gesê dit is omdat die Suid-Afrikaanse regering dit baie duur maak om motors van ander lande af in te bring. Hulle doen dit om Suid-Afrikaanse motorvervaardigers te bevorder.

Musk het op Twitter gesê omdat elektriese motors nie in Suid-Afrika gemaak word nie, maak dit nie sin vir Tesla om motors hier te verkoop nie weens die hoë koste.

Dit is nie die eerste keer dat Musk dit sê nie. In 2019 het hy ook genoem dat die koste om Tesla-motors na Suid-Afrika te bring te hoog is.

‘n Ontleding deur MyBroadband het die koste van die invoer van ‘n Tesla na Suid-Afrika onthul: daar sal sowat R622,000 bykomende belasting gehef word op ‘n Tesla Cybertruck van R1.3 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse regering het eers onlangs begin planne maak om elektriese motors in die land te vervaardig.

Hulle wil geld uit ryker lande gebruik om elektriese motors in Suid-Afrika te help maak. Maar niks het nog van hierdie planne gekom nie.

Al is dit duur, verkoop ander maatskappye steeds elektriese motors in Suid-Afrika. Daar is reeds 27 verskillende soorte elektriese motors hier te koop, en meer is op pad.

Sommige verslae sê die ekstra koste om motors die land in te bring hang af van waar dit vandaan kom. Motors uit China, byvoorbeeld, is dalk nie so duur om in te voer soos motors uit Europa nie.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Elon Musk

Bron: X