Nottingham Forest se Morgan Gibbs-White is nie net ‘n wenner op die sokkerveld nie, maar ook in die kombuis, danksy sy Suid-Afrikaanse meisie se kookvernuf.
Die Engelse sokkerspeler het ‘n smaak ontwikkel vir ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse gereg: mieliemeel, wat by die meeste Suid-Afrikaners as pap bekend staan.
Gibbs-White, ‘n sleutelspeler vir Nottingham Forest, het in ‘n SuperSport-onderhoud vertel dat sy meisie hom aan pap voorgestel het.
Ten spyte van die tipiese gebruik as ontbytkos, geniet hy dit ook as aandete of selfs nagereg. “Dit is lekker, dit is ongelooflik,” het hy gesê.
Britney de Villiers, ‘n Suid-Afrikaanse aanlyn beïnvloeder en model met ‘n regsgraad, is Gibbs-White se lewensmaat en die vrou wat hom aan pap voorgestel het.
Die egpaar het onlangs die ouers geword van ‘n babaseuntjie wat verlede November gebore is.
Terwyl De Villiers hom Afrikaans geleer het, het Gibbs-White grappenderwys onthul dat hy tot dusver net ‘n paar woorde ken – maar dit is die soort woorde wat nie in die openbaar gedeel kan word nie!
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Morgan Gibbs-White en Britney de Villiers
Bron: X