Kaap Verde nou malaria-vry

No malaria for me

Kaap Verde het die vierde Afrika-nasie geword om malaria uit te roei, met geen aangetekende gevalle van die dodelike siekte sedert 2017 nie.

Die mylpaal, wat Vrydag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aangekondig is, word deur kenners as ‘n yslike prestasie beskou.

Die eilandnasie is die eerste land in Afrika suid van die Sahara wat malaria in 50 jaar uitgeroei het. Mauritius is sedert 1973 malariavry. Die ander Afrikalande wat die siekte uitgeroei het, is Marokko en Algerië.

Malaria word veroorsaak deur ‘n parasiet wat dan deur muskiete versprei word. In 2022 het dit sowat 608,000 mense wêreldwyd doodgemaak, met 95% van hierdie gevalle vanuit Afrika.

Malaria het eens op al nege Kaap Verde se bewoonde eilande voorgekom. Sedert die 1980s is die uitbrake egter tot net twee van sy eilande, Santiago en Boa Vista, beperk.

Sedertdien het die nasie die siekte beveg deur sy gesondheidsorg te versterk en toegang tot malariabehandeling te verhoog, en nou het geen van die eilande ‘n geval sedert 2017 aangemeld nie.

“Hierdie sukses weerspieël die harde werk en toewyding van ontelbare gesondheidswerkers, medewerkers, gemeenskappe en internasionale vennote. Dit bewys wat bereik kan word deur kollektiewe verbintenis tot die verbetering van openbare gesondheid,” het Kaap Verdiese minister van gesondheid, Dr Filomena Gonçalves, aan die BBC gesê.

In Suid-Afrika word die verspreiding van malaria hoofsaaklik rondom die land se grense beperk.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Malaria-bewustheidsteken

Bron: X