Ramaphosa – president van buitelandse sake

Cyril the mediator

Deur Zukile Majova

President Cyril Ramaphosa verduur hewige spervuur op tuisfront, waar 6,200 mense elke kwartaal vermoor word, 70% van jongmense werkloos is, krag is vir meer as 300 dae per jaar afgesny word, en ekonomiese groei nou minder as 1% is.

Maar op die internasionale front koester Ramaphosa die glorie van die vertoning van Suid-Afrika se top-regspan, wat vandeesweek die volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Hof van Justisie in Den Haag voorgelê het.

Andrew Feinstein, ‘n Joodse Suid-Afrikaner en voormalige ANC-LP, het gesê Ramaphosa se sterkpunt is buitelandse sake en konflikoplossing.

“Mense regoor die wêreld is so beïndruk nie net deur die geskrewe insette nie, maar deur die mondelinge aanbieding [van Suid-Afrika se regspan]. Die professionaliteit van Suid-Afrika se aanbieding was eenvoudig briljant.”

SA se aanbieding het nog meer briljant gelyk omdat Israel se hoofprokureur totaal onvoorbereid daaruit gesien het, en aanhoudend verskonings gemaak het oor sy dokumente nie in die regte volgorde was nie.

“Hulle is nie in staat om te sê hierdie feit is verkeerd of daardie feit is verkeerd nie; waarop hulle staatmaak is ‘n tegniese punt dat die hof die hele saak op grond van jurisdiksie sal afwys en dat Suid-Afrika nie aan Israel voldoende geleentheid gegee het om te kommunikeer voor daar hof toe gegaan is nie.

“En dit is ‘n ongelooflike swak argument,” het Feinstein gesê.

Suid-Afrika het nou die verskriklike slagting wat dag na dag in Gaza plaasvind, voor die wêreld uitgelig.

“Die belangrikste feit is bloot die realiteit dat 247 mense elke dag in Gasa vermoor word, van wie 48 vroue is en 117 kinders,” het Feinstein gesê.

“En as dit selfverdediging is, hoe regverdig jy die dood van byna 9,000 kinders in twee maande?”

Die afgelope jaar het Ramaphosa weereens vir Suid-Afrika aan die wêreld voorgehou as ‘n morele stem van die arm en onderdrukte gemeenskappe regoor die wêreld.

Dit lyk asof hy eerlikwaar glo dat Suid-Afrika se oplossing om konflikte deur middel van onderhandeling op te los die uikoms vir baie probleemareas regoor die wêreld mag wees.

Ramaphosa het die afgelope jaar ‘n afvaardiging van Afrika-leiers na Rusland en die Oekraïne gelei om ‘n proses te begin wat tot gevolg mag hê dat die oorlog tussen die twee lande deur dialoog opgelos word.

Daar word ook erken dat Ramaphosa, wat ‘n leidende rol in Suid-Afrika se onderhandelde skikking gespeel het, ‘n prominente rol gespeel het in die Noord-Ierland vredesproses in die 1990s.

Terwyl Suid-Afrika ekonomies ‘n junior vennoot in die Brics-groep van nasies (Brasilië, Rusland, Indië, China, SA) is, verhef sy standpunt oor internasionale sake dit tot een van die belangrikste stemme van die sogenaamde globale suide.

Op die foto hierbo: Cyril Ramaphosa

Bron: X