Nkosinathi Maphumulo, alombekend as Black Coffee, is in die hospitaal opgeneem nadat hy ‘n besering opgedoen het in ‘n “ernstige reisongeluk” teryl hy op ‘n vliegtuig was.
Maphumulo was op pad om te speel in die Argentynse dorp Mar del Plata toe die ongeluk plaasgevind het, lui ‘n verklaring wat sy span Woensdag vrygestel het.
“Die voorval het onvoorsiene komplikasies tot gevolg gehad en het hom met ‘n paar beserings gelaat,” lui die verklaring, wat nie verduidelik hoe hy beseer is nie.
Die verklaring verduidelik ook nie of iemand anders in die ongeluk beseer is nie, maar dit bevestig wel dat Maphumulo “goed herstel”.
“Ons kan bevestig dat hy die beste moontlike mediese aandag ontvang en omring word deur ondersteunende familielede en sy span. Vir sy privaatheid versoek ons vriendelik begrip en geduld van die media en sy aanhangers,” lui die verklaring voorts.
“Ondanks die uitdagings wat hom in die gesig staar, is Black Coffee optimisties en herstel goed. Hy sien daarna uit om binnekort weer by julle almal aan te sluit.”
Saamgestel deur personeelskrywer.
Op die foto hierbo: Nkosinathi Maphumulo, algemeen bekend as Black Coffee.
Bron: X