DJ Fresh, die gewilde radio omroeper wat potgooier geword het, stel die saak reg oor sy verhouding met die Botswana-mediapersoonlikheid Khumo Kgwaadira.
Ten spyte van die internet se poging om pasmaats te speel, dring DJ Fresh daarop aan dat hulle net vriende is, nie minnaars nie.
Die duo, wat die Botswana Musicians Union (Bomu) toekennings in Desember 2023 aangebied het, het ‘n klomp kiekies aanlyn gedeel.
Maar Fresh het vinnig verduidelik en Kgwaadira ‘n “lewenslange vriend” genoem.
Dis nie verbasend dat dit nie daarin kon slaag om die fluisteringe in die kiem te smoor nie.
Musa Khawula, die omstrede celeb skinderblogger, het die vlamme aangeblaas deur ‘n foto van die paar te deel en op romanse te sinspeel.
Hy het beweer hulle het saam in Durban vakansie gehou. Terwyl albei in Durban en by dieselfde plek was, beweer DJ Fresh daar is geen liefdesverhouding aan die gang nie.
Hy het hom vererg en teruggekap met ‘n duidelike boodskap: “BULSHIT, MAN! Ja, sy is ‘n meisie en ja, sy is my vriendin! Seker vriende vir die res van my lewe ook! Niks anders om hier te sien nie!”
Ná sy skeiding van sy vrou van 20 jaar, Thabiso Sikwane ná gerugte van ‘n knypie in die donker met die aktrise Mapaseka Koetle (wat hulle albei ontken), het DJ Fresh erken hy is op ‘n nuwe pad, berig IOL.
“Die afgelope ses weke was vir my die opwindendste, vreesaanjaendste tyd van my lewe,” het hy verklap oor sy nuwe rol as enkellopende.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: DJ Fresh en Khumo Kgwaadira
Bron: X