Duisende in die VSA staar vlugkansellasies in die gesig nadat talle vliegtuie gegrond is te midde van kommer oor veiligheid nadat ‘n vliegtuig in die middel van ‘n vlug uitmekaar begin val het.
Skrikwekkende beeldmateriaal het Vrydagaand van die Alaska Airlines-vlug 1282 na vore gekom toe ‘n kajuitvenster op 16,000 voet die lug ingebars het.
Die vliegtuig is tot ‘n noodlanding gedwing, en niemand is beseer nie.
Besittings, soos rugsakke en fone, het egter verlore gegaan nadat dit uit die vliegtuig gesuig is toe die venster afgewaai het.
Bevreesde passasiers het glo begin om totsiens-boodskappe aan geliefdes te stuur, aangesien hulle gedink het die vliegtuig was besig om neer te stort.
Een passasier het aan die Daily Mail gesê sy het geslaap toe die vliegtuig uitmekaar gewaai het, en sy “het gevoel hoe die hele vliegtuig sak”.
“Die maskers het geval, en mense het geskreeu,” het Emma Vu gesê.
Sedert Vrydag se vlug het verskeie groot Amerikaanse lugrederye tientalle Boeing-stralers gegrond.
Die Amerikaanse lugvaartreguleerder het gesê dat veiligheidskontroles op 171 Boeing 737 Max 9s uitgevoer moet word.
Vertragings sal na verwagting minstens ‘n week duur.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Skrikwekkende tonele binne Alaska Airlines-vlug 1282 nadat ‘n venster uitgewaai het
Bron: X