Amerikaanse klong word eerste ooit om Tetris te klop

Deur Arthur Greene

‘n 13-Jarige tiener genaamd Willis Gibson het die eerste in die geskiedenis geword om Tetris te wen – ‘n rekenaarspeletjie wat meer as 20 jaar voor Willis se geboorte geskep is.

In sy 34-jaar geskiedenis het miljoene probeer om die vorm-pas speletjie uit te oorlê; almal het misluk.

Dis tot vroeër hierdie week, toe Willis – ‘n doodgemiddelde kind van Oklahoma, VSA – sy rekenaar aangesit het om te speel.

Die reëls van die ikoniese voorloper rekenaarspeletjie is eenvoudig. Vorms val teen toenemende spoed van die bokant van die skerm af. Die doel van die spel is om hulle te draai en aan die onderkant in plek te pas. Wanneer jy ‘n ry vorms oor die skerm vul, verdwyn dit. As jou toring van vorms egter die bopunt bereik, en is dit neusie verby.

Willis het die video op sy YouTube-kanaal gelaai, en toe hy begin, kon hy net nie ophou nie.

Vir dekades het Tetris-spelers probeer om die speletjie te speel totdat dit ineenstort – ‘n prestasie wat geag word as voltooid. Tot nou toe het net rekenaars en KI-bots dit kon regkry.

Ná 38 minute het Willis die wedstryd na sy knieë gedwing toe hy vlak 157 bereik het.

Toe hy terugval in sy stoel, het hy verklaar: “Ek gaan flou word, ek kan nie my vingers voel nie.”

Hy het later op sy YouTube-kanaal, Blue Scuti, geskryf: “Toe ek hierdie speletjie begin het ek nooit verwag om dit te laat ineenstort of te klop nie.”

Op die foto hierbo: Willis Gibson

Bron: X