Proteas loop agter ná chaotiese openingsdag teen Indië

Mohammed Siraj

Deur Razeen Gutta

Dit was ‘n onvergeetlike geleentheid vir die boulers op Nuweland, aangesien meer as die helfte van die Nuwejaarstoets tussen Suid-Afrika en Indië op dag een afgespeel het.

Toe Dean Elgar gekies het om eerste te kolf op ‘n klassieke Kaapse verhoog, sou niemand verwag het dat die Proteas vir hul laagste totaal sedert hertoelating uitgeboul sou word nie.

Indië was vuur en vlam ná hul treurige nederlaag enkele dae vantevore in Centurion, en Mohammed Siraj was gereed om die Suid-Afrikaanse kolwers weg te blaas.

Die pasaangeër het 6/15 gevat in ‘n onvergeetlike nege boulbeurte in die skadu van Tafelberg, met net David Bedingham en Kyle Verreynne wat verby 10 lopies gekom het.

Jasprit Bumrah en die nuweling Mukesh Kumar het twee paaltjies elk geneem, met die gashere almal uit vir net 55 voor middagete.

In reaksie hierop het die besoekers baie gemakliker gelyk met die kolf, aangesien kaptein Rohit Sharma en Shubman Gill albei die 30-kerf oorgesteek het. Dit sou wees voordat Nandre Burger en Marco Jansen gekombineer het om hulle albei terug te stuur pawiljoen toe.

Tog, met Virat Kohli aan’t kolf kon niemand die ineenstorting voorsien wat hulle uiteindelik sou tref nie.

Indië het ses paaltjies vir geen lopies verloor en in ‘n oogwink het hulle geduik van 153/4 tot 153/als oor en uit. Die toetswedstryd het toe in ‘n blitsboul affêre verander.

Siraj & Kie het weer die nuwe bal gevat; en selfs in die dag se doodsnikke het nog paaltjies geval.

Dit was Kumar wat laaste gelag het in die finale sessie, toe hy vir Elgar afgestuur het in sy laaste toetsbeurt ooit voor uittrede.

Met Aiden Markram wat op 36 staan, sal Suid-Afrika sy beurt op dag twee hervat met sewe paaltjies oor en ‘n agterstand van 36 lopies.

Op die foto hierbo: Mohammed Siraj.

Bron: @MohammadKaif