Op Scrolla.Africa se Afrikaanse en Zulu blaaie word hulde gebring aan die helde van 2023, en weer gekyk na die enfants terribles wat ons of briesend gemaak, of vermaak het deur voet in die mond te sit of hulself andersins swak te gedra.
Een van die kandidate wat in albei kategorië te vinde is? Kunsmatige Intelligensie! Lees ‘Hero Seven: The year the robots came to town…’ en ‘Horror Seven: …And changed the world as we know it’ om meer te leer oor wat blikbreine in ons lewens beteken het sover, en beloof om nog by te dra.
Daar is ook weer die geleentheid om van die jaar se voorste nuusberigte en ander stories te geniet, of jy dit nou vantevore gelees het of gemis het deur die dol jaar wat nou in sy pylvak verkeer.
Op die foto hierbo: Kunsmatige Intelligensie: Vriend of vyand?