Meer as 90 Kaapse brandbestryders beveg ‘n brand teen die berghange bo Simonstad.
Die veldbrand is Dinsdagoggend net ná 7vm aangemeld, het Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens, gesê.
Alhoewel die brand eiendomme aan die buitewyke van Simonstad genader het, het amptenare Dinsdagaand gesê dit is nie nodig om te ontruim nie.
Teen kort na middernag is daar egter begin om inwoners van Simonskloof and Harbour Heights te ontruim.
Op die foto hierbo: ‘n Veldbrand woed op die berghange bo Simonstad
Beeldbron: X