Fidji breier bederf vir Portugal

Portugal won!

Deur Lucky Maree

https://x.com/rugbyworldcup/status/1711381003699372340?s=20

Die Portugese spelers was Sondagaand in hul kleedkamer na hul geskiedkundige Wêreldbeker-oorwinning teen Fidji toe ‘n onverwagte besoeker opgedaag het.

Fidji-afrigter Simon Raiwalui het besluit om die Portugese kleedkamer te besoek om hulle geluk te wens met hul oorwinning, en ‘n sak met Fidji-rugbytruie en toerusting aan hulle te oorhandig.

Portugal het die grootste verrassing van die Wêreldbekertoernooi in Frankryk veroorsaak deur Fidji met een punt in die Stadium de Toulouse te klop.

Die Portugese spelers het aanvanklik effens verbaas gelyk, maar het Raiwalui gou toegejuig vir sy bedagsame gebaar.

Met ‘n paar minute speeltyd oor was Portugal met ses punte agter Fidji toe die vleuel Rodrigo Marta ‘n drie vir Portugal gedruk het, en Samuel Marques het die doelskop aangeteken om die 24-23 oorwinning te beklink.

Fidji het egter genoeg punte ingewin om vir die kwarteindronde te kwalifiseer, waar hulle teen Engeland te staan sal kom.

Portugal het huis toe gegaan met ‘n oorwinning wat die hele nasie kan aanhou vier tot die volgende Wêreldbekertoernooi in 2027 in Australië.

Terwyl die wedywering op die veld dikwels na ‘n kwessie van lewe en dood lyk, is daar ‘n onderliggende kameraadskap tussen rugbyspelers wat miskien net deur rugbyspelers verstaan kan word.

Op die foto hierbo: Portugal pak Fidji aan.

Bron: X