Kaizer Tjips!

Kaizer TJIPS

Deur Razeen Gutta

Kaizer Chiefs het die bekendstelling van hul splinternuwe aartappelskyfies aangekondig, en vat so die bynaam ‘Chips’ na ‘n heel nuwe vlak neem.

Beskryf as “grootse en geurige peuseldreeks” word die skyfies in twee groottes en drie verskillende geure bemark.

“Verlekker jou in die intense smaak van geroosterde steak, word betower deur tintelende tamatie, of smul aan pikante sout en asyn. Hierdie fees van geure is nie vir papbroeke nie,” het die klubwebwerf Maandag gesê.

Amakhosi word dikwels die bynaam ‘Chips’ gegee deur opposisie ondersteuners, met ‘n ligatiteldroogte wat nou al meer as agt jaar lank duur. In plaas daarvan om in sak en as te sit, het die Soweto-reuse by die grap verder gevoer deur regte ‘tjips’ te vervaardig.

Die besluit het beslis mense aan die praat, met aanhangers en mededingers wat almal ‘n woordjie wil inkry. Volgens die klub se korporatiewe kommunikasiebestuurder, Vina Maphosa, gaan die nuwe stap egter oor die verskaffing van peuselhappies op wedstryddae.

“Dit is deel van die sokkerwêreld. Jy kan nie TV kyk sonder om te peusel nie; jy kan nie die wedstryd by die stadion kyk sonder om te peusel nie, so dit is waaroor dit vir ons as Kaizer Chiefs gaan,” het hy gesê.

“Hulle [skyfies] kom in verskillende pakkies, en sal regoor die land by kleinhandelwinkels verkoop word teen ‘n wonderlike prys. Die klein pakkie [36g] kry jy vir R7,99, en die groot pak [120g] kos R19,99. Jy kry hulle ook by die Kaizer Chiefs-dorpswinkel en die stadion.”

Op die foto hierbo: Kaizer Chiefs aartappelskyfies

Bron: @KaizerChiefs