Kaptein wil vlieg na nag van neuspoeier

Don't drink and schnaarf and fly

Die vlieënier Mike Beaton het glo die Joburg-partytjietoneel op horings geneem tydens ‘n tussenstop, met ‘n wilde nag waar drank en dwelms hoogty gevier het.

Hierdie verhaal het die verkeerde ore bereik toe Beaton besonderhede oor sy wilde avonture met ‘n kollega gedeel het – alles van skemerkelkies by die kroeg tot ‘n stout neuspoeiersessie en romantiese rendezvous!

Hy sou die volgende dag ‘n volgepakte BA-vliegtuig na Londen loods.

Sy bekommerde bemanningslid het die grootbase gewaarsku, en die vlug is vir amper ‘n dag lank vertraag. Danksy Beaton se koka-kaskenades moes passasiers vir 24 uur lank Job se geduld aanleer.

Terwyl ons partytjiedier vlieënier dalk sy nag op ‘n hoë noot begin het, het dit die volgende oggend redelik hard neergestort.

The Sun het berig dat Beaton, nadat sy kollega op hom gepiemp het, teruggevlieg is na die VK – nie in die kajuit nie, maar as ‘n doodgewone passasier.

En ja, hy is kort daarna deur BA die kajuitdeur gewys.

“Veiligheid is altyd ons topprioriteit,” het British Airways hul passasiers in ‘n verklaring verseker.

Intussen het die Britse burgerlugvaartowerheid Beaton se vlerke geknip en sy mediese sertifisering herroep.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: ‘n Dronk vlieënier wat ‘n vliegtuig probeer bestuur

Bron: Gegenereer deur KI-instrument Midjourney