Kan Bokke die mas opkom met 7/1-verdeling?

Back = 1 Forwards = 7

Deur Andy Capostagno

‘n Puik ronde wedstryde vind plaas tydens die derde naweek van Rugby Wêreldbeker 2023, maar die afwykings van Wêreldrugby se kant af bly die aandag aflei.

Dit is byvoorbeeld totaal onaanvaarbaar dat Namibië vier wedstryde in 18 dae moet speel, terwyl Ierland ‘n maand vir dieselfde taak het.

Ditto vir Fidji: as hulle vanaf Poel C na die kwarteindronde vorder, het hulle ‘n week om voor te berei, terwyl Suid-Afrika en Australië twee weke kry.

Inderdaad, omdat die Springbokke hul laaste poelwedstryd teen Tonga speel, kan hul kern van elite-spelers tussen hierdie Sondag en die naweek van 14 Oktober knus en ongedeerd op die rak sit en rus.

Saterdagaand se verloor teen Ierland het beslis dat die verdedigende kampioene in die kwarteindrondte teen Frankryk te staan kom.

Dit is ‘n maatstaf van hoe ver die All Blacks gedaal het, dat hulle as voorkeurteenstanders geag word, hoewel die nuus dat die manjifieke Antoine Dupont eers vanaf die halfeindronde beskikbaar sal wees, ‘n groot terugslag vir die gashere is.

Die hoeveelheid media-aandag wat op die samestelling van die Springbok-bank gegee word, is ‘n saak van defleksie wat goed uitgevoer is deur die afrigtingspan.

Daar word beweer dat dit nie net onwettig is nie, maar ook immoreel om ‘n bank te verdeel met sewe voorspelers en een agterspeler, en dat Wêreldrugby sy reëls moet verander. Ironies genoeg is hulle baie meer geneig om dít te doen as om aan Vlak 2-nasies ‘n regverdige kans te gee.

Solank mense op die sogenaamde Bomb Squad fokus, ignoreer hulle die noodsaaklike eerste helfte van ‘n wedstryd wat waarskynlik soos ‘n hoogs gewelddadige skaakspel daaruit sal sien.

En dit is belangrik om te onthou dat toe die Bokke in Augustus ‘n 7/1 deling teen Nieu-Seeland gekies het, was dit omdat Willie le Roux ‘n besering opgedoen het op die vooraand van die wedstryd.

Rassie Erasmus was nie verhewe daarbo om Saterdag sy bank per ongeluk-aspris te herrangskik nie.

Die bepalings van die uitklopfases laat toe dat hierdie speletjies in die eindstryd herhaal kan word, ongeag Ierland se 13-8 sege oor die Bokke op Saterdagaand.

Die eintlike vraag is dan watter span die Bokke sou verkies om in die kwarteindronde aan te vat. Alles dui daarop dat nie die afrigtingspan of die spelers een bloue duit omgee nie.

Op die foto bo: Springbokke in aksie

Bron: Scrolla.Africa