Burna Boy-bewonderaars moet wag

Burna Boy postponed

Die langverwagte konsert van die Nigeriese superster Burna Boy, wat aanvanklik vir eerskomende Saterdag geskeduleer was, is na 16 Desember verskuif.

Hy sou Suid-Afrikaanse aanhangers op Erfenisnaweek tydens sy Afrika-toer bekoor, maar het besluit om te herskeduleer weens ‘n klankprobleem wat ter elfder ure opgeduik het.

‘n Bron van die konsertbeplanningskomitee het onthul dat Burna Boy van sy eerste-keuse klankspan ontslae geraak het, wat eensklaps ‘n krisis veroorsaak het.

“Ná ‘n meningsverskil met die voorste klankmaatskappy in Afrika, het hy hulle afgedank. ‘n Plaasvervanger van Noordwes het tekort geskiet met nodige toerusting vir die optrede,” het die bron gesê, volgens ‘n Sunday World berig.

Kaartjieverkope bemoeilik ook blykbaar die situasie.

Veral suitekaartjies is verlede week afgemerk op verskeie aanlynplatforms.

FNB-stadion, die konsertlokaal, het die uitstel bevestig en genoem dat die geleentheid se bestuur binnekort ‘n amptelike aankondiging sal maak.

Burna Boy, wat van Port Harcourt in Nigerië afkomstig is, was die vernaamste trekpleister by die 2023 NBA All-Star Weekend, waar hy saam met Tems en Rema saamgewerk het vir ‘n Afrobeat-skouspel soos min.

Hy was voorheen die hoofkunstenaar by DStv se Delicious-geleentheid, wat yslike skares gelok het.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Burna Boy