Manie is die man!

Manie Libbok my held

Deur Toby Shapshak

‘n Jaar gelede was Manie Libbok nie eens in die Springbok-groep nie. Nou is hy die eerstekeuse-losskakel vir die Bokke om hul Wêreldbeker in Frankryk te verdedig.

En as daar nou ‘n ou is wat dit verdien.

Met sy doeltreffende pasmaatspel in die 35-7 pakslae van die All Blacks in die laaste opwarmwedstryd, was hy meesterlik in alle aspekte – insluitend sy op-teiken doelskopwerk, nadat hy verskeie maklike skoppe teen Wallis gemis het.

Maar Manie is gemaak vir die groot-wedstryd verhoog. Nadat hy twee skoppe en dus ses punte gemis het, het hy teruggeslaan met twee teikenskoppe, wat Wallis se nederlaag verseker het.

Baie rugbyondersteuners het gedink sy beste wedstryd tot nog toe was vanjaar se Verenigde Rugby Kampioenskap (VRK) halfeindstryd, maar hy konnie daarin slaag om daardie vertoning te herhaal in die eindstryd, toe die Stormers teen Munster verloor het nie.

Op Twickenham het hy herinner aan Henri Honiball met sy durf en BMT (‘big game temperament’) teen ‘n Nieu-Seelandse span wat totaal oorrompel is – inderdaad, die swaarste nederlaag teen enige teenstander ooit. Libbok was instrumenteel daarin.

Dis ietwat omstrede dat hy die enigste spesialis-losskakel in die Wêreldbeker-groep is – selfs al reis die beseerde Handré Pollard saam met die span.

Hy is vandeesweek deur Springbok-skoplegende Morne Steyn geprys. “Manie Libbok het sy gat afgewerk om te wees waar hy is,” het Steyn aan verslaggewers gesê.

“Hy het agter my [by die Bulle] gesit. Hy het agter baie ouens gesit en hard gewerk. Hulle het hom nie ‘n kans gegee nie.

“Dit gaan nou goed met hom. Verlede naweek het ons gesien hy kan daardie 90%-doelskopper wees wanneer dit van hom verwag word,” het Steyn oor die All Blacks-pakslae gesê.

“Hy het baie goed geskop by die Stormers, so ek weet nie wat met die vorige drie wedstryde gebeur het nie.”

Immanuel Libbok, gebore in 1997, is nog ‘n Oos-Kaapse ster [lees ‘Kaptein  Kolisi span sy seile’ hieronder] wat gekies is vir die Oostelike Provinsie se Onder-16 Grant Khomo Week.

Nadat hy by Hoërskool Outeniqua in George aangesluit het, het hy in 2015 die Westelike Provinsie by die Onder-18 Cravenweek verteenwoordig.

Dit is gevolg deur insluiting by die nasionale span vir die Onder-18 Internasionale Reeks daardie jaar.

‘n Jaar later was hy deel van die span vir die Wêreldrugby Onder-20 kampioenskappe in Manchester, waar hy losskakel en heelagter gespeel het.

Hoewel Suid-Afrika vierde gekom het, was Libbok deel van die span wat Frankryk geklop het – met nog ‘n opkomende ster, die Franse kaptein Antoine Dupont, in hul geledere.

Ná ’n draai by die Bulle en Sharks het Libbok sy tuiste, en sy ritme, by die Stormers gevind, waar hy deurslaggewend was in die Kaapse span wat die eerste VRK in 2022 gewen het.

Sy debuut vir die Springbokke op die jaareindtoer was van die bankie af teen Dupont se Frankryk. Sedert Libbok sy eerste Springbok-toets vanjaar in die Australiese sege begin het, is die 26-jarige sy verseker van sy plek as wegspring nommer 10.

Dink Steyn Libbok het wat dit vat om in ‘n Wêreldbeker te speel?

“Ons het almal Vrydagaand gesien wat hulle kan doen en watter tipe rugby hulle kan speel. Ek is opgewonde oor die Wêreldbeker. Dit gaan ‘n opwindende een wees. Ek dink die span is gereed.”

Op die foto hierbo: Manie Libbok

Bron: Springbokke