Is papierstrooie ook nie die antwoord nie?

paper straws

Baie papierstrooitjies bevat skadelike chemikalieë.

Dit is die bevinding van ‘n onlangse studie deur die Universiteit van Antwerpen in België, wat twyfel werp oor die omgewingsvoordele van papierstrooitjies.

Terwyl plastiekstrooitjies wyd veroordeel word vir hul omgewingsimpak, het die studie gepubliseer in Food Additives and Contaminants bevind dat chemikalieë in papierstrooitjies jou gesondheid kan benadeel.

Die navorsing het 39 handelsmerke se strooitjies wat van verskeie materiale gemaak is, insluitend papier, bamboes, vlekvrye staal, glas en plastiek, ondersoek om uit te vind of dit skadelike stowwe bevat.

Hierdie stowwe, genoem poli- en perfluoroalkylchemikalieë (PFAS), staan ​​bekend as “kanniedood chemikalieë”. Dit is omdat dit jare kan neem om af te breek, beide in die omgewing en in die menslike liggaam, wat moontlik gesondheidsrisiko’s inhou, het MyBroadband berig.

Onrusbarende bevindings het aangedui dat 69% van die getoetste handelsmerke kanniedood chemikalieë bevat, met 18 verskillende tipes wat opgespoor is.

Strooitjies gemaak van papier het getoon dat 90% verskillende vlakke van kanniedood chemikalieë het.

Die mees algemene PFAS wat gevind is, was perfluoroktaansuur, gekoppel aan gesondheidskwessies soos hoë cholesterol, skildkliersiektes en sekere kankers.

PFAS is ook gevind in 80% van bamboesstrooitjies, 75% van plastiekstrooie en 40% van glasstrooihandelsmerke. Die enigste tipe strooitjie wat nie PFAS bevat het nie, was vlekvrye staal.

Thimo Groffen, die studie se skrywer, het opgemerk dat hoewel die chemiese konsentrasies laag was, die effekte steeds beduidend mag wees.

Strooitjies gemaak van plantmateriale soos papier en bamboes, wat dikwels as eko-vriendelik bemark word, is uitgevang met PFAS-inhoud, wat hierdie aansprake bevraagteken.

Die studie kon nie beslis of PFAS doelbewus bygevoeg is of ‘n gevolg is van vervaardigingsbesmetting nie, alhoewel die voorkoms van PFAS in papierstrooitjies daarop dui dat dit spruit uit ‘n waterwerende buitelaag.

Saamgestel eie beriggewer

Op die foto hierbo: Passop vir daai papierstrooitjies