Deur Toby Shapshak
Om jou foon te laat val is nie soseer ‘n “as” nie, maar ‘n “wanneer” en HMD, die tuiste van Nokia-fone, weet dit al te goed.
Dit is hoekom hulle hul nuwe C22 gebou het om taaier en meer duursaam te wees.
Dit is ‘n “bekostigbare slimfoon met buitengewone uithouvermoë, wat beter as die kompetisie presteer met verbeterde valbeskerming,” aldus HMD .
Ons gooi nie self toetsfone stukkend by Stuff nie, maar jy kan dadelik sien hierdie foon is gebou om te hou.
Sy sogenaamde unibody-ontwerp, gemaak van polikarbonaat, het ‘n stewige binneste metaalonderstel, terwyl dit geharde 2.5D-glas het. Dit verleen IP52-beskerming, dus is die foon ook meer bestand teen druppels, stof, en wanneer daarop gemors word, sê Nokia.
Dit het ‘n 13MP dubbele kamera en flits in ‘n kompakte uitleg aan die agterkant, en ‘n goeie 8MP selfie-kamera.
Die Nokia C22 het gevorderde beeldalgoritmes vir goeie resultate dag of nag, sowel as Portretmodus met vervaagde agtergronde. Dit het ‘n spesifieke nagmodus-algoritme, asook wat bekend staan as Auto HDR-ondersteuning vir ekstra duidelikheid.
Die 6.5-duim HD+ skerm is duidelik en helder – en taai.
Met ‘n vaartbelynde bedryfstelsel – Android 13 (die Go-uitgawe) – is daar minder sagteware wat onnodige spasie opneem, so jy het meer stoorplek.
“Geheue-uitbreiding verander ongebruikte stoorspasie in ‘n bykomende 2GB korttermyngeheue (RAM), wat gelyktydige take eenvoudig en glad maak,” sê HMD.
Dit is ‘n dubbele sim-foon met ‘n ekstra gleuf vir ‘n microSD-kaart (tot 256GB) en het 64GB ingeboude berging.
Dit is ook gebou sodat sy battery vir drie dae lank hou, met ‘n groot 5,000mAh-battery – handig, veral wanneer beurtkrag terugkeer saam met die warmer weer.
Nog ‘n goeie eienskap is sy bekostigbare prys van R1,800.
Geen fone het seergekry tydens die skryf van hierdie resensie nie.
Toby Shapshak is editor and publisher of the South African edition of Stuff magazine