Deur Zukile Majova
Na ‘n dag van veelparty-koalisiegesprekke het die DA as grootste verloorders uit die stryd getree.
Die samesprekings, wat by Emperors Palace in Kempton Park gehou is, was ‘n DA-inisiatief wat ontwerp is om die party te erken as moeder van alle opposisiepartye.
Maar die vergadering, waarby sewe politieke partye betrokke is, het sommer met die afskopslag reeds die DA se ego beduidend laat krimp.
Eers is die DA se sogenaamde Moonshot-verdrag verwerp en is dit met ‘n veelpartyhandves vir Suid-Afrika vervang.
Vervolgens het die partye die DA daarvan beskuldig dat hulle te kwader trou onderhandel te midde van bewerings dat die DA en ANC dit oorweeg om ‘n superkoalisie te vorm om saam te regeer in provinsies waar geen party ‘n duidelike meerderheid kry nie.
ActionSA het die DA verder uitoorlê en voorgestel dat die partye ‘n ooreenkoms onderteken dat hulle nie voortaan mede-regering met die ANC en die EFF sal oorweeg nie.
Die finale kaping van die DA se projek sal na verwagting plaasvind tydens die verkiesing van die amptelike openbare gesig en leier van die veelpartyhandves.
VF Plus-leier, Dr Pieter Groenewald, sê Suid-Afrika is nog nie gereed vir ‘n wit president nie.
Hierdie oorweging verwyder dadelik vir DA-leier John Steenhuisen uit die prentjie. Herman Mashaba, stigter van ActionSA, en Velenkosini Hlabisa, president van die IVP, is voorlopers vir hierdie pos.
Onafhanklike voorsitter William Gumede, wat die partye lei terwyl hulle hul politieke verskille en ego’s navigeer, het almal gewaarsku om die belang van die land voor klein meningsverskille te stel.
Teen die einde van dag een het die partye met ‘n agtpuntplan vorendag gekom om hul veldtogte voor die 2024-verkiesing te bevorder:
1. Versterk die ekonomie en skep werksgeleenthede.
2. Beëindig beurtkrag en bereik energiesekuriteit.
3. Handhaaf wet en orde om misdaad, korrupsie en dwelms te bekamp.
4. Verseker kwaliteit onderwys wat geleenthede vir almal bied.
5. Lewer basiese dienste aan almal deur middel van hoë-gehalte infrastruktuur.
6. Bou ‘n professionele openbare diens vir alle burgers en beëindig kaderontplooiing.
7. Versek kwaliteit gesondheidsorg vir almal binne ‘n gesondheidstelsel wat omgee.
8. Bou ‘n maatskaplike verligtingsraamwerk vir Suid-Afrikaanse huishoudings wat in armoede leef.
Ná die eerste dag het die DA, wat die grootste deel van die stemme het, nie soos die leier van die groep gelyk nie.
Op die foto hierbo: DA-leier John Steenhuisen spreek die konvensie toe
Bron: Our_DA