Deur Buziwe Nocuze
Op koue oggende in Kaapstad, wanneer pendelaars op pad is na Nyanga Terminus om taxi’s te haal, word hulle begroet deur warm, geurige walms uit die rigting van Nyameka Lomani se warm flesse.
Die noodlot het vir Nyameka forseer om met ‘n nuwe sake-idee vorendag te kom nadat sy haar werk by ‘n restaurant verloor het. Sy het haarself omskep in ‘n koffie- en teeverkoper van formaat, en haar koppies genot word deur baie klante beskryf as die lekkerste koffie of tee wat hulle nog ooit gedrink het.
Haar werkdag begin vroeg. Die wekker lui om 3vm, wanneer sy opstaan en begin voorbereidings tref vir haar plek by die bedrywige Nyanga Terminus.
Hierdie maand het haar besigheid ‘n onverwagse knou gekry toe die Santaco-taxistaking uitgebreek het: Nyanga Terminus het die toneel van plundering en geweld geword. Gelukkig het Nyameka reeds opgepak vir die dag toe die moeilikheid begin het. Maar gedurende die weeklange staking kon nie haar koffie verkoop nie, en is dus vreeslik verlig dat die betrokke party tot ‘n ooreenkoms kon kom.
Die stakings was egter nie die haar eerste of enigste moeilikheid. “Covid-19 het almal se lewens op hol gemaak. Daar was nie tyd om te kla nie, want mense het hul werk verloor. Die beste ding om te doen was dus om ’n besigheid te begin sodat ek kon voortgaan om vir my gesin te sorg,” het sy gesê.
“Ek het die besigheid in 2020 begin nadat ek besef het dat die terminus een van die besigste plekke in Kaapstad is. Mense jaag altyd om taxi’s en busse te kry. Dit was die perfekte plek.”
Met haar laaste spaargeld het sy ses flesse gekoop om haar koffie en tee te bêre – ‘n klein begin, maar sy was vasbeslote om haar kliënte tevrede te stel.
“Mense het my ondersteun toe soos wat hulle vandag nog doen. Ek weet dat sommige mense laat wakker word en nie tyd kry om tee by die huis te maak nie. So ek is hier, tot hul diens,” het sy gesê.
Teen slegs R12 per koppie geniet klante haar heerlike koffie of tee geniet, dikwels saam met ‘n muffin vir ‘n ekstra R4.
“Op warm dae verskaf ek ook Oros, maar party mense verkies steeds koffie en tee. Die rede daarvoor is eenvoudig. Ek maak die beste beker in die dorp,” het sy gesê.
Nyameka het erkenning gegee aan haar kliënte, insluitend Avanza en taxibestuurders, se onwrikbare ondersteuning. Dit het volgens haar gehelp om van die besigheid ‘n sukses te maak.
“Nou kan ek vir my gesin kos op die tafel sit sonder om vir aalmoese te vra,” het sy gesê.
“Ek het steeds hulp nodig sodat ek meer voorraad kan koop, en sal bly wees as ek ‘n gazebo kan kry. Soms word dit baie warm. Ek sou graag ‘n tafel wou hê om my goed op te sit in plaas daarvan om dit op die grond staan te maak.”
Nomaindiya Koyana verkoop brood langs Lomani.
“Maar ek maak seker ek begin my dag met een van haar koppies koffie. Dit is anders as waaraan ek gewoond is by die huis. Miskien gebruik sy ‘n paar geheime bestanddele,” het sy gesê.
Avanza-bestuurder Viwe Jack het gebieg: “Ek het amper met my meisie baklei – sy het my gevra wanneer ek so baie van koffie begin hou het, want ek kom byna elke dag met ‘n leë koppie by die huis aan,” het hy gesê.
Op die foto hierbo: Nyameka Lomani staan vroeg op om koffie en muffins by Nyanga Terminus te verkoop
Bron: Buziwe Nocuze