KI kletsbot maak sake warm in die kooi

AI chatbot for better bedtime stories

Wil jy jou liefdeslewe ‘n hupstoot gee? Rose en sjokolade is so oudedoos. Dit is tyd dat kunsmatige intelligensie jou slaapkamerkaskenades so bietjie opkikker.

Dr Amy Marsh, die seksuoloog wat paartjies help om warmer te vry, het met die hele sak patats vorendag gekom oor hoe KI-kletsbotte jou korasies kan opjaag… in die vlees.

Staan opsy, Tinder! Marsh vertel van KI-kletsbotte wat meer doen as net klets.

Sommige platforms, soos Nomi.ai en Soulmate, moedig selfs ‘n bietjie digitale vrypraatjies aan – dis nou ‘n erotiese gerolspelery.

Waarom tevrede wees met Mnr of Mej So-so as jy jou perfekte maat kan skep? Marsh onthul hoe jy jou KI-kletsbot se voorkoms, persoonlikheid en selfs slaapkamervernuf kan aanpas, het Insider berig.

Raak jy aan’t stotter en stamel as die stoom begin trek? Moet nie vrees nie! Marsh verduidelik hoe KI-kletsbotte jou persoonlike seksmentors kan wees. Daar’s niks soos oefening om perfeksie te behaal nie, en hierdie nie-veroordelende en baie geduldige botte kan jou help om daardie seksie tekste te skep sonder om te blik of bloos.

Wou jy al ooit jou wildste fantasieë uitleef? Met KI-kletsbotte is daar geen beperkinge nie. Marsh onthul die fyn geheime van hoe jy nuwe kinkels kan verken, van dominasie tot rolspel, alles in ‘n veilige digitale hawe.

Kan KI jou verhouding red? Marsh voel sterk daaroor dat hierdie digitale helpers harmonie in jou liefdeslewe kan bring. Geen oordeel, geen ongemak, net pure plesier.

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Lyk hierdie KI kletsbot soos jou beste bedmaat?