Deur Michael Madyira
Kaizer Chiefs het van agter af gekom om tot die MTN8-halfeindstryd deur te dring en die druk te verlig ná ‘n sege van 2-1 oor Cape Town City Sondag in die Athlone-stadion.
Edson Castillo het Amakhosi se wenbeweging uitgevoer binne ekstra tyd in hierdie naelbyterstadium van die kompetisie, nadat Ashley du Preex verantwoordelik was vir die Chiefs se terugkeer na 26 minute.
Marc van Heerden het City na 23 minute van speeltyd laat voorloop en ‘n vurige strydlus by die Soweto-reuse aangesteek.
Dit was Chiefs afrigter Molefi Ntseki se eerste oorwinning nadat hy beheer oorgeneem het, en het die druk verlig ná ‘n stadige begin van die seisoen.
Amakhosi is dus op koers vir die eerste silwerware in agt jaar, terwyl die Citizens nou die trofee wat hulle laas in 2018 kon lig, versmaai het.
Ntseki het twee doelskieters, Ranga Chivaviro en Christian Saile Basomboli, op die bankie laat sit, terwyl Du Preez belas is daarmee om die Amakhosi-aanval te loods.
City, aan die ander kant, het Khanyisa Mayo aan die voorpunt gehad, ondersteun deur Juan Zapata en Taahir Goedeman.
Die gashere het vooruitgegaan toe Van Heerden ‘n Goedeman-kruising ingeslaan het met die kop, en Brandon Petersen probeer het om dit van binne die doellyn af te skep – maar dit was reeds oor die lyn.
Yusuf Maart het op die halfuurmerk vir Amakhosi probeer terugslaan, maar sy kragtige probeerslag het verby die net geseil.
Maar ses minute later het Chiefs die telbord gelykop gemaak met vergunning van ‘n kalm Du Preez-afronding nadat hy ingehardloop het om ‘n Mduduzi Mdantsane-aangee te gebruik.
Nadat hulle gesukkel het om van mekaar te skei, het die twee spanne ‘n dramatiese wedstrydeinde bewerkstellig.
Du Preez en City se plaasvervanger-middelveldspeler Jo Paciencia het naby gekom toe aksie van die een kant na die ander geswaai het, en Basomboli het die paal vir Chiefs getref met net vier minute speeltyd oor.
Vroeg tydens ekstra tyd kon Thamsanqa Mkhize, City se kaptein, nie in ‘n leë net met die die bal kontak maak nie, nadat Petersen se hoekskop gefaal het.
Castillo het toe by die agterpaal gehang, die Basomboli-kruis afgerond, en so sy eerste doel in Amakhosi-kleure aangeteken.
Dit was ‘n senutergende einde van die wedstryd, want Paciencia se skoot het teen die dwarslat vasgeslaan, terwyl Goedeman se opvolg reg op die doellyn skoongemaak is.
Op die foto hierbo: Kaizer Chiefs middelveldspeler Edson Castillo word uitgedaag deur Cape Town City se Taahir Goedeman
Bron: Kaizer Chiefs