Deur Dylan Bettencourt
SPORTKEUR: Dit is daardie tyd van die jaar wanneer die wêreld soos ‘n beter plek voel omdat die Premierliga terugkeer.
➤ Dames, daardie ekstra aandag wat jou man jou dalk die afgelope twee maande gegee het, mag verdwyn wanneer sy gunstelingspan hierdie naweek weer in aksie is – en die seisoen is ‘n hele 10 maande lank.
Kampioene Manchester City skop sake Vrydagaand af teen die pas bevorderde Burnley; bestuurder Vincent Kompany is deel van City se geskiedenis en mag dalk net lei met Suid-Afrikaanse doelskieter Lyle Foster.
Beleef die openingswedstryd van die Premierliga om 9-uur Vrydagaand.
Verlede seisoen se naaswenner Arsenal is volgende aan die beurt wanneer hulle Saterdag om 1.30nm in die Emirates-stadion teen Nottingham Forest te staan kom.
Die naweek se onmisbaarste wedstryd is sonder twyfel Chelsea wat Liverpool Sondag om 5.30nm op hul tuisveld aanvat.
Al die naweek se Premierliga-aksie word regstreeks op DStv-kanaal 203 uitgesaai.
➤ Die Vroue Wêreldbeker-aksie gaan voort sonder enige Afrika-spanne in die toernooi, maar die dames se uitspeelwedstryde beloof nog baie drama.
Spanje pak Nederland Vrydag om 3vm voordat Japan om 9.30vm vir Swede aanvat vir ‘n plek in die laaste vier.
Op Saterdag om 9vm kom gashere Australië teen Frankryk te staan voordat Engeland om 12:30 vir Kolombië die stryd aansê.
Met die top vier wat dit Saterdag uitwoed behoort dit ‘n verbete stryd te wees, want elke span sal glo hulle het ‘n kans om die heilige graal van sokker te lig.
Al die aksie sal regstreeks op DStv-kanaal 205 te siene wees.
➤ Bestaan daar iets soos ‘n vriendskaplike rugbywedstryd? Gegewe die twee groot internasionale botsings hierdie naweek, is die antwoord waarskynlik ‘nee’.
Die Springbokke speel nou wel nie, maar rugbyondersteuners kan Saterdag uitsien na twee belangrike wedstryde.
Ná verlede week se ontwrigting het beide Engeland en Frankryk ‘n rare geleentheid om sake reg te stel.
Wallis het groot veggees teen Engeland getoon maar daar is geen twyfel dat Engeland swak gespeel het nie.
Hulle het nog ‘n paar sleutelposisies om uit te sorteer wanneer hulle ‘n Walliese span aanvat met 15 veranderinge sedert verlede week.
Frankryk kry ‘n seldsame kans om hulself te bewys wanneer hulle te staan kom teen Skotland in Saint-Étienne, Frankryk.
Verlede week het Skotland die Franse met 14 spelers geklop en Frankryk het vir die grootste deel van die tweede helfte vrot gespeel. Die Franse lag dalk Saterdag se wedstryd af as onbelangrik, maar die rugbywêreld word nie geflous nie. ‘n Vriendskaplike wedstryd is dit beslis nie!
Engeland teen Wallis op DStv-kanaal 211 Saterdag om 6.30nm; Frankryk teen Skotland op DStv-kanaal 211 Saterdag om 9.05nm.
Op die foto hierbo: Chelsea teen Liverpool