‘n Soektog is van stapel gestuur na die eerste “Hoof UNO-speler” ooit om voorbok te wees tydens die bekendstelling van die nuutste weergawe, UNO Quatro.
Die gelukkige aansoeker sal hierdie opwindende weergawe kan speel en andere wysmaak, en dit terwyl hy of sy ‘n yslike loon van die speelgoedmaatskappy Mattel inpalm.
Die werk vereis vier uur se daaglikse bywoning, vier dae per week, vir vier opeenvolgende weke, en die betaling is vasgestel teen $4,444 (R82,000) vir elke week – dus altesaam $17,776 (R330,000).
UNO Quatro verskil van die tradisionele pak kaarte en gebruik kleurvolle motiewe om rye van vier te skep, wat ooreenstem met kleure of nommers om die speletjie te wen.
Om aansoek te doen moet belangstellendes hul video op TikTok plaas en vier vrae beantwoord in reaksie op die UNO-promosievideo.
Die vrae sluit in om hul beste UNO-herinneringe te deel, van hul beste omkeerkaart-oomblik te vertel, te verduidelik hoekom hulle geskik is as Hoof UNO-speler, en hul gunsteling weergawe van UNO aan te dui.
Mattel is op soek na ‘n “vriendelike en positiewe persoonlikheid met goeie vibes, iemand wat lief is vir kompetisie en UNO saamvat oral waar hulle gaan”.
Die gekose speler moet vanaf 13 September beskikbaar te wees om in New York te werk.
Dus, as jy dink jy het wat dit vat om Hoof UNO-speler te wees, moenie die geleentheid mis om jou kaartvaardighede ten toon te stel nie. Doen aansoek voor die 10 Augustus sperdatum!
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Uno