Marjorie Perkins, ‘n 87-jarige Amerikaanse vrou, het bewys dat ouderdom net ‘n getal is toe sy haarself vreesloos teen ‘n 17-jarige indringer verdedig het.
Sy het in die middel van die nag wakker geword en gevind dat die tiener oor haar troon en dreig om haar leed aan te doen, maar dit het die verbete vrou nie afgeskrik nie.
Sy het die seun dadelik herken; sy het hom altyd betaal om haar gras te sny toe hy nog ‘n kind was.
Maar hulle was nie meer vriende nie en Marjorie, ‘n afgetrede laerskoolonderwyseres, het geweet sy moet haarself beskerm, so sy het haar man gestaan en haar skoene begin aantrek.
Die tiener het haar aangeval, maar Marjorie het teruggeveg en ‘n stoel as skild gebruik.
Sy het om hulp geskree, maar niemand was naby om haar noodkrete te hoor nie. Die dapper dame het die inbreker geskop en gekeer totdat hy uiteindelik uitgeput was.
Die storie het verrassende draai gegooi toe Marjorie besef het die indringer was honger want hy het lanklaas iets te ete gehad.
Ten spyte van die skrikwekkende voorval het sy merkwaardige deernis getoon en vir die tiener grondboontjiebotter en heuningkoekies, twee naartjies en proteïenskommels aangebied.
Toe die honger indringer se aandag deur die versnaperinge afgelei is, het Marjorie vinnig 911 gebel op haar outydse draaifoon, berig The Guardian.
Die polisie het later opgedaag en die tiener ‘n paar blokke verder aangekeer, danksy die hulp van ‘n polisiehond.
Die brawe oud-onderwyser hoop die jongman ontvang die hulp wat hy nodig het om sy lewe om te keer.
Ten spyte van die ervaring, bly Marjorie steeds aktief en gee onder meer klas in lyndans.
Sy het ander ook aangeraai om te verseker dat hul vensters stewig toegemaak is om te verhoed dat inbrekers toegang kry.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Peuselhappies