Die voormalige Mej Bumbum-model Andressa Urach is terug op OnlyFans – en hierdie keer met haar seun wat handjie bysit.
Tydens ‘n Instagram V&A-sessie het die Brasiliaanse seksbom se 18-jarige seun, Arthur Urach, als uitgelap toe hy gevra is of hy die meesterbrein agter sy ma se witwarm inhoud is. Sonder om te stotter of stamel het hy astrant geantwoord: “Jip, ek’s regtig ‘n fotograaf van formaat, hè?”
Maar hierdie openbaring het die tonge laat klap en wenkbroue laat lig. Kritici, veral godsdienstiges, is erg afkeurend en skel Andressa uit omdat sy haar seun by haar slegs-volwassenes besigheid betrek.
Een verwarde volgeling het gevra: “Is jy nie skaam dat jou ma haarself verkoop nie? Verfilm jy haar so?” Hierop het die selfversekerde tiener koel geantwoord: “Ek is nie skaam nie, ek is baie rustig oor haar besluit.”
Die moeder-en-seun-duo lyk bepaald onaangeraak deur die haters. Hulle is onlangs gesien waar hulle saam partytjie hou by ‘n nagklub – ‘n bewys van hul hegte band.
Nie almal is egter opgewonde oor hierdie verhouding nie. Andressa se eksman, Thiago Lopes, is nie ingenome met hul gesamentlike uitstappies nie en het gesê: “Wat vir ‘n ma vat haar seun na ‘n bordeel toe om te kyk hoe sy met ander mans vry?”
Om by te dra tot die drama, het Thiago toesig oor die egpaar se ander seun, klein Leon, wat amper twee jaar oud is, en hulle is in ‘n nare stryd oor sy toesig gewikkel.
Andressa se aanlyn-inhoud het nog altyd kontroversie uitgelok. In die verlede het sy bande gehad met die Universele Kerk van die Koninkryk van God en het selfs ‘n regsgeding teen hulle aanhangig gemaak en beweer sy is gebreinspoel en dat hulle haar moet terugbetaal vir ‘n yslike skenking.
Nadat sy die kerk in 2020 verlaat het, het sy die OnlyFans-verhoog bestyg om geld te maak, en in 2021 aan die berugte Miss Bumbum-skoonheidskompetisie deelgeneem.
Maar in ‘n verrassende wending het sy haar OnlyFans-rekening vroeër vanjaar toegemaak en beweer dat sy na God terugkeer.
Dit lyk egter of daardie goddelike toewyding verdwyn het: sy het haar rekening twee maande later weer aktiveer en aanhangers teruggenooi met ‘n uitlokkende “Ek wag vir jou”.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Andressa Urach en haar seun Arthur
Bron: Andressa Urach Instagram