Al wat daai beer kort is ‘n bier

Give that bear a beer

Die polisie in Burbank was in vir ‘n reuse verrassing toe hulle op hierdie harige vriend afgekom het, wat in ‘n agterplaas-jacuzzi gekuier het asof dit aan hom behoort.

Met een poot wat gemaklik op die spartelgat se rant rus het die beer heel tuis gelyk terwyl hy sy pels afgekoel het tydens die somerhittegolf.

Na ‘n vinnige plons het die afgekoelde beer besluit sy swembadparty is verby; hy het grasieus oor ‘n muur verkas voordat hy rigting gekry het na ‘n boom toe – maar nie voordat die polisie ‘n kykie kon kry van hierdie suave swembadgas nie.

Die polisie het ‘n video van hierdie ongewone episode versprei, wat wys hoe die beer sy maats in die wildernis ‘n les in hittebestryding leer.

Te midde van die pret het owerhede egter huiseienaars herinner om ‘n gesonde afstand te handhaaf, en hul vullis en kos te beveilig om hierdie oulike dog gevaarlike diere te ontmoedig om te naby aan hul eiendomme te kom.

Saamgestel deur eie beriggewer

Op die foto hierbo: Die beer in die borrelbad

Bron: Twitter