Deur Michael Madyira
Die groot oomblik in die Netbal-Wêreldbeker is hier, met druk op die Proteas om hulle eerste wedstryd in Groep C teen Wallis in Kaapstad se Internasionale Konvensie-Sentrum te wen.
Die afrigter, Norma Plummer, se span mik na hulle eerste Wêreldtitel. Hulle ander groepwedstryde is teen Jamaica en Sri Lanka.
“Dit gaan nie net oor ons nie. Ons speel vir die hele land,” het Suid-Afrika se kaptein, Bongiwe Msomi, gesê.
“Dit is ’n groot jaar vir vrouesport. Ons is goed genoeg. Die wat dit nog nie weet nie, gaan dit hopelik binnekort uitvind. Niemand kan voorspel wat gaan gebeur nie. Dis wat so opwindend is.”
Msomi is een van die sleutelspelers in ’n span wat sewe nuwelinge insluit.
Van die ander ervare spelers is die senter Izette Griesel, die doelwagter Phumza Maweni, die senter en vleuel Khanyisa Chawane en die doelskieter Lenize Potgieter, wat vier jaar gelede in die Wêreldbekertoernooi in Liverpool gespeel het.
Die Protea-span is:
Bongiwe Msomi (k), Karla Pretorius (o/k), Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Phumza Maweni, Lenize Potgieter, Nicola Smith, Jeante Strydom, Nichole Taljaard, Elmere van der Berg, Shadine van der Merwe, Ine-Mari Venter
Reserwes:
Owethu Ngubane, Refiloe Nketsa, Lefebre Rademan.
In die foto hierbo: Die Proteas se kaptein, Bongi Msomi
Fotobron: Netbal-Wêreldbeker