Soek jy bietjie burger met daai bees?

burger beef

Burger King Thailand gaan mal met hul burgerkaskenades.

Nadat hulle opslae gemaak het met hul uitspattige kaasburger, wat uit 20 plakkies Amerikaanse verwerkte kaas bestaan, het hulle nou ‘n nuwe aanbod op die spyskaart.

Staal jou vir die “Real Meat Burger” – elke vleisvreter se droom. Hierdie model kom sonder fieterjasies, geen piekels, geen uie, geen blaarslaai, geen tamatiesous, geen kaas nie, nada!

Dit is net drie patties wat in ‘n broodrolletjie ingedruk is. Maar nog is dit het einde niet! As drie patties nie jou vleisdrang bevredig nie, kan jy soveel ekstras byvoeg as wat jou hart begeer – teen ‘n prys, natuurlik.

‘n Waaghalsige Thaise kosblogger genaamd ‘Believe me, I Already Ate’, het die uitermatige uitdaging aangepak en ‘n kolossale Real Meat Burger met 100 patties bestel.

Dit het hom ‘n allemintige 10,039 baht (R5,000) uit die sak gejaag.

Vir eters tevrede met ‘n meer beskeie vleislading, kos die basiese drie-patty burger slegs 339 baht (sowat R200).

Maar Burger King Thailand is nog lank nie klaar gespeel nie. Hulle is daarop uit om sosiale media te verower met meer verregaande burger-idees. Van die “regte piekelburger” tot die “regte tamatieburger” en selfs die “regte broodjieburger”, hul haal alles uit om hul aanhangers te vermaak!

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Die vleisburger

Bron: Twitter