Die Suid-Afrikaanse advertensie- en bemarkingsagentskap Retroviral het die land se beroemdste ouma ’n Barbie makeover gegee.
Geïnspireer deur die sukses van Greta Gerwig se Barbie-fliek, wat wêreldwyd ’n verstommense $337 million in die eerste naweek by die loket verdien het, het Retroviral gemeen Suid-Afrikaanse maatskappy kan gerus ook op die pienk waentjie spring.
Ná Retroviral se suksesvolle veldtogte soos “My Kreepy Teacher”, “Rassie’s Bakery”, “South Africa’s Tinder Swindler”, “The Dog One” en “The Cat One”, strooi hulle nou Barbie-towerpoeier oor hulle ander kliēnte, wat HTH, Lil-Lets, en Ouma-beskuit insluit.
Die maatskappy se skeppende hoof, Mike Sharman, sê hulle móés eenvoudig die kans aangryp op dié kuturele mylpaal te benut.
Dat mense daaroor gaan praat, is gewis. Wat hulle daarvan gaan sê, is natuurlik ’n heel ander vraag.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Ouma in pienk
Fotobron: Twitter