Nuwe hoop vir Weskus Vlei ná sewe jaar se droogte

Verlorenvlei has hope

Deur GroundUp

Vir sewe lang jare het droogte die eens-lewendige waters van Verlorenvlei aan die Weskus verander in ‘n handjievol borrelende modderplasse.

Nou, danksy vanjaar se rekordreënval, spog die pragtige vlei uiteindelik weer met ‘n aansienlike hoeveelheid water. Dis ‘n juweel van biodiversiteit, ‘n kritieke waterhulpbron vir mens en dier, en word wêreldwyd geag as belangrik vir watervoëlbewaring.

En daar is moontlik nóg goeie nuus vir die vlei.

‘n Werkswinkel vind vandag (Woensdag 26 Julie) in Leipoldtville plaas om ‘n tweejaarprojek wat kritieke komponente vir die vlei se toekomstige bestuur te ontwikkel, te bespreek. Op die agenda is die opstel van die “ekologiese reserwe”: die hoeveelheid en kwaliteit water wat nodig is om die stelsel in ‘n gesonde natuurlike toestand te handhaaf.

‘n Reserwebepaling is ‘n statutêre vereiste vir alle groot waterliggame, maar hierdie deurslaggewende bestuurshulpmiddel het in ontbreek in die erg oorontginde Verlorenvlei.

Bewaringsbewustes, wetenskaplikes en ander gebruikers van die vlei dring al dekades lank aan op die instelling daarvan.

Vandag se werkswinkel kan dus ‘n waterdeelooreenkoms tussen die belangrikste begunstigdes inlui: landbou (die boere), twee munisipaliteite (die gemeenskappe) en die vallei self. Maar om ‘n billike oplossing te bereik gaan aansienlike samewerking en gee-en-neem tussen al die partye vereis, en die uitkoms is alles behalwe gewaarborg.

Diegene in die voorste linies van die vlei se bewaring sluit die Vriende van Verlorenvlei-groep in.

Die groep is formeel saamgestel in Oktober 2019 en gestig deur Felicity Strange, wat saam met haar vennoot Nick Taylor die veranderende toestad van die vlei aanskou het sedert sy 19 jaar gelede op sy oewers afgetree het.

‘n Laagtepunt — letterlik en figuurlik — was “Dag Zero” op 17 Julie 2017 toe die dieptemeter van die Departement van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie nul geregistreer het. Dit was die lesing vir etlike jare.

Op die foto hierbo: Daar is weer water in Verlorenvlei ná sewe jaar se droogte. Maar die toekoms van die vlei hang af van ‘n deurslaggewende vergadering vandag

Bron: GroundUp