Wetenskaplikes in Suid-Africa het ’n verstommende ontdekking van twee onbekende sabeltandkatte gemaak wat 5.2 miljoen jaar gelede hier bestaan het.
Die ontdekkings verleen nuwe insig in hierdie groep uitgestorwe katkreature en bied leidrade oor omgewingsveranderinge wat in daardie tyd ingetree het – en kan selfs lig werp op redes waarom on menslike voorsate op twee bene begin loop het.
Die oorkot van die twee spesies, Dinofeliswirelinei en Lokotunjailurus chimsamyae, is langs die beendere van twee bekende spesies, Adeilosmilus kabir en Yoshi obscura, in die Langebaanweg-gebied gevind.
Al vier spesies behoort aan die subfamilie Machairodontinae, wat sabeltandkatte insluit. Hierdie subfamilie het bestaan uit roofdiere wat min of meer so groot was soos hedendaagse groot katte.
In ’n onlangse studie wat in iScience, verskyn het, het navorsers die oorskot van hierdie vier spesies beskryf.
Terwyl die ontdekking van D. werdelini nie verrassend was nie omdat dit al voorheen gevind is, was die teewoordigheid van L. chimsamyae in Suid-Afrika onverwags.
Die navorsing toon dat sabeltandkatte wyer verspreid was as wat vroeër vermoed is, met verskillende spesies wat spesifiele ekologiese rolle vervul het, in dieselfe tyd en op dieselfde plek.
Sommige van die groteres was byvoorbeeld vir spoed aangepas, ideaal vir graslande, terwyl ander ratser en kleiner was, meer geskik vir bosryke omgewings soos woude, aldus LiveScience.
Die oorvleueling van hierdie spesies dui daarop dat hulle habitat woude en grasland ingesluit het, moontlik as gevolg van ’n ekologiese verskuiwing wat Afrika se ekosisteem getransformeer het.
Dié verandering hou moontlik implikasies in vir die evolusie van ons oerouers, wat in dié tyd uit Afrika verskyn het.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Sabeltandkat