Misdadigers skiet winkelbaas, beveel klante om te steel

steal or die

Deur Buziwe Nocuze

Eers het die gewapende mans geld van die winkelier in Lower Crossroads geëis. Toe hy weier, het hulle hom vermoor.

Daarna, beweer klante, is hulle gedwing om kruideniersware teen hul wil te neem.

Sommige gemeenskapslede het vertel hoe hulle gedreig is en geen ander keuse gehad het as om die misdadigers se bevele uit te voer nie. Inwoners wat gedwing is om winkelware te neem, en selfs sommige dwelmslawe in die straat, het goedere uit die winkel opgelaai.

“Ek het geweerskote gehoor en geweet ‘n onskuldige winkelier word van sy geld beroof. Daardie misdadigers wou geld by hom hê, en toe hy weier, het hulle hom geskiet,” het een bewerige inwoner gesê.

Gemeenskapslid Vuyokazi Pendu het teleurstelling uitgespreek oor die optrede van die inwoners wat nie die goedere teruggegee het na die chaos bedaar en die polisie opgedaag het nie.

“Ek is seker die misdadigers het reeds die gebied verlaat. Die inwoners moes alles wat hulle uit die winkel gevat het, teruggebring het. As hulle werklik gedwing is, soos hulle beweer, hoekom het hulle nie die kruideniersware teruggegee, waarvoor hulle weet hulle nie betaal het nie?” het Pendu gevra.

Die Wes-Kaapse SAPD het bevestig dat ‘n besigheidsroofsaak geregistreer is, maar die verdagtes bly op vrye voet, en die winkelier se saak is na sy dood in ‘n nabygeleë hospitaal as moord herklassifiseer.

“Die verdagtes, drie ongeïdentifiseerde mans met vuurwapens, het die winkel binnegegaan en geld geëis en daarna die winkelier, wat van die buiteland afkomstig is, geskiet,” het Wes-Kaapse SAPD-woordvoerder Kaptein FC van Wyk gesê.

Op die foto hierbo: Lower Crossroads, Kaapstad, treur oor die verlies van ‘n buitelandse winkelier wat tydens die roof geskiet is – hy is later in die hospitaal dood

Bron: Buziwe Nocuze