Barbiepoppe het onrealistiese liggaamsverwagtinge by 82% van deelnemers aan ’n studie van 1 000 vroue en meisies oor verskeie genersies heen geskep.
Oor die dekades heen was poppe van vroue slank blondines of brunette met reguit hare en boesems wat teen gravitasiekrag bestand is. Dit het dogtertjies se selfbeelde geknou.
Die nuwe Barbie-fliek was laasweek uitgereik is het belangstelling in dié poppie die hoogte laat inskiet.
Barbie, wat in 1959 deur Mattel geskep is, se borsmaat word in sommige kringe as onrealisties beskryf.
Die pop het wel aan meisies gewys dat hulle nie hoef tuis te bly en babas groot te maak nie. Hulle kon hulle eie loopbane nastreef.
Aanvanklik was al die Barbie-karakters wit. Sedert 1980 is daar Barbie-poppe uit ander etniese groepe bygevoeg.
Barbie se liggaamsproporsies was nog vir sommige kritici onaanvaarbaar, omdat dit onrealisties is, berig Newß York Post.
Navorsing toon dat Barbie as anoreksies beskryf sou kon word. ’n Poppestel uit 1965 het byvoorbeeld ’n skaal ingesluit wat permanent op 110 pond gestaan het, asook ’n dieetboek.
Sedert 2015 is daar nuwe Barbie-reekse met poppe van allerlei liggaamsproposies beskikbaar.
In die foto hierbo: Barbie op die silwerdoek
Fotobron: Twitter