Deur Michael Madyira
Suid-Afrika kon sedert 1995 se tweede plek nie aan die verwagtinge voldoen by die Netbal-Wêreldbeker nie, maar tuisvoordeel kan beslis in hulle guns tel wanneer die toernooi eerskomende Vrydag by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum begin.
Hulle speel in die openingswedstryd teen Wallis.
Sri Lanka en Jamaica is die twee ander spanne in Groep C. Suid-Afrika behoort die uitspeelrondes te haal.
“Dit is tyd vir Afrika en Suid-Afrika om uit te blink,” het Cecilia Molokwane, die president van Netbal SA gesê. “Daarvoor het hulle ons steun nodig.”
Vier spanne uit Afrika neem deel: Suid-Afrika, Zimbabwe, Malawi en Oeganda.
Die Proteas se doelverdediger, Jeante Strydom, speel in haar eerste Wêreldbeker, en dink sommer klaar aan die feesvieringe wat kom. Sy verwys nie na die partytjie na die toernooi nie, maar aan deelname self.
“Net om daar te wees, is ’n feesviering. Ons wil net ons beste lewer, en ’n spesiale aand daarvan maak.”
Suid-Afrika was ’n teleurstellende vierde in die laaste internasionale toernooi waaraan hulle deelgeneem het, maar het die talent om veel beter te vaar.
Suid-Afrika se kaptein, Bongi Msomi, speel in haar vierde Wêreldbeker.
In die foto hierbo: Die Proteas
Fotobron: Netbal Suid-Afrika